Opvolg Heelvrou Seminaar

Heelvrou Seminaar

Enkelvrou, geskeide vrou, enkelouer?

Die geskeide vrou het dilemmas van haar eie. Haar leefwêreld is 'n kombinasie van enkelvrou en tog ook getroude vrou. Sy beleef dat sy nie regtig inpas by eersgenoemde nie en laasgenoemde is ook nie altyd 'n gemaklike zone vir sosialisering nie.

Boonop lê daar moontlik 'n traumatiese verlede en egskeiding agter haar. Waarheen nou? Wat sê God.Hoe tel ek weer die drade van my lewe op? Hoe verwerk ek my verlede en hoe handel ek daarmee af? Wat van my kinders? Legio knelpunte word hanteer en vierkantig in die oë gekyk. As enkelvrou, nooit getroud, hou die lewe ook unieke uitdagings in. Enkelvrou of geskeide vrou of enkelouer? Jy is enkellopend, maar jy kan sinvol leef en 'n lewe van oorvloed is steeds jou deel! Gees, siel en liggaam.

Hierdie seminaar word in dieselfde formaat as Heelvrou en Heelvrou opvolg seminaar aangebied.

Loading...
Loading...