Testimonials

Kampe en Seminare

  1. Heelvrou Kampe en Seminare"Ek het nooit verstaan wat die hele gees siel liggaam uit bestaan nie. Dit help my om na al die areas in my lewe te kyk"
  2. Heelvrou Kampe en Seminare"Die Collages was amazing. Nou kan ek die regte besluite maak en heel word"
  3. Heelvrou Kampe en Seminare"Kampe soos hierdie is “keepers”. Gaan al my vriendinne nooi vir die volgende een!"
  4. Heelvrou Kampe en Seminare"Die Here het my kom vry maak"

  5. Heelvrou Kampe en SeminareEk wou nie meer lewe toe ek hierheen gekom het nie. Ek gaan met nuwe lewe en purpose weg. Ek gaan dit maak!"
  6. Radio - Leef"Dankie vir die uitstekende programme, julle laat my elke dag weer nuut kies om die Here te dien"

Wilderniswenke vir Vroue uitgegee deur Carpe Diem Media

  1. Monique Strydom"Vir Wanda was dit die liefde van Jesus wat haar gehelp het om daardie gebrokenheid te kon neem en hierdie boek te skryf op so ’n manier dat dit ’n inspirasie vir duisende ander gebroke vroue daar buite in die wildernis kan wees."
  2. Miems Odendaal"Wow mensies ek kan dit aanbeveel ek het net vandag myne gekoop by CUM, ek kan hierdie boek ni los ni. Wanda ek is nog net in di begin en het ni woorde ni maar het verseker al geleer en gaan verseker nog baie hier uit leer. AWESOME!"
  3. MA van Heerden"Hierdie is 'n besondere boek"

  4. Liesel Krause-Wiid (Willa Krause)"Ons almal smag na ’n lewe vol sonskyn, maar die enigste plek waar die son heeltyd skyn, is in die woestyn. Wanda deel in dié inspirerende boek hoe ’n mens in wildernistye opnuut bewus raak van God se tasbare teenwoordigheid in jou lewe. Elke vrou moet die boek lees."

  5. Madelein Grové"Ek het self al jou ma se getuienis gehoor verlede jaar by die Ruth Conference in Goodwood en dis WOW!"
  6. Melinda Bam-Bergh "Mag die stukkie van haar se lewe op ’n bladsy vasgevang, ten goede meewerk en jou die moed gee om op, rondom jou en vorentoe te bly kyk en te sien hoeveel ander voetspore ook al deur die pad is ... e?n dit gemaak het"
  7. Melissa Bam-Swart"Ek glo Widerniswenke vir Vroue is meer as net 'n samestelling van klomp feite, Hierdie boek is 'n hartslied van 'n vrou wat elke pyn omgekeer het in 'n 'testimony'!"
  8. Prof. Johan Smith (V!ta Amp)"Dis werklik ’n boek wat elke vrou in die wildernis sinvol kan help en begelei na stiller waters, oorwinning en ’n oorvloedige lewe."
  9. Louise Fourie"Wanda jou boek is kosbaar, soveel van elke dag se stap wat ons een of ander tyd moet hanteer. Dankie dat jy dit so goed kon saamvat en aan ons gee om ter enigetyd weer oop te slaan."
  10. Joan Theunissen"Wanda ek glo ek moes hierdie boek op die regte tyd kry om my te help deal met alles in my lewe.....ek is nog besig met hom en ek moet se ek kry baie antwoorde..."
  11. Elmarie Botha Pelser"Wow, jy het my sowaar gebless. Dankie vir die groot persent. Hier maak ons oop tot in die argiewe wat al baie jare toegesluit is en ek nie wil oor praat nie, oop. Wanda De Kock-Bam dankie vir jou uitdaging in die boek. "
  12. Zantie Swanepoel"Jou boek is uitstekend! Verseker 'n moet vir elke vrou. Dankie Wanda De Kock-Bam vir wie jy is en vir ons almal beteken."
  13. Goedeverwachting Farm"Wanda De Kock-Bam is inspiring, and a faithful woman of God. Haar storie en haar boek, sal jou inspireer in jou wildernis.."

Leef - joernaal program:

  1. Joe, Gansbaai"Wanda, jou program is 'n inspirasie vir my. Dankie!"
  2. Annoniem"Dankie vir n pragtige en insigeqende program."

  3. Susan"Ek kan nooit my week begin sonder om na jou program te luister nie. Baie dankie vir 'n puik program."
  4. Annoniem"Vandag voel ek so geseend om weer na jou program te luister."

  5. Alta Nel"BAIE DANKIE vir julle awesome program, julle is ñ GROOT seën vir ons."
  6. Jakoba"Dankie jou program is geestelik baie verreikend."

  7. Annoniem"Radio Kansel bring Jesus elke oggend in my huis en rus my toe met krag en sterkte vir die dag en Wanda dankie vir die wyse waarop die program oorgedra word – Dankie Jesus vir hierdie voorreg en mag elkeen wat luister so verkwik word - God is Groot!"
  8. Helena Vorster"Goeiemore hier uit ‘n yskoue nat Hopefield. Jy maak ons harte warm jy doen wonderlike werk en versterk elke dag ons afhanklikheid van ons Hemelse Voorsiener. Geseende week."
  9. Mildred"Kaapse Kansel. Ons aanbid n Almagtige , Awesome GOD. Dankie Vader vir Radio Kansel. God seen almal daar."
  10. Annoniem"Julle is ons pitkos en gestuurdes, die Vader seen julle uit jul sokkies"

  11. George en Sarie Delport, Boksburg"Wanda, baie dankie ons geniet jou program!"

  12. Annoniem"Baie dankie! Ek sit en luister nou hoe jul praat oor my boodskap, trane rol oor my wang en ek het n blydskap in my. Weereens baie baie dankie vir julle gebed vir my verhouding"

  13. Chantal, Malmesbury"Baie dankie, jy is puik en motiveer my elke dag! Wye spektrum onderwerpe wat jul bespreek. Elke persoon het ander behoeftes elke dag. Wat dalk nie vandag op my van toepassing is nie. Het die volgende ou baie nodig. Hou so aan. KOS VIR ONS SIEL"

Damesoggend

  1. Irene Snell"Dankie vir 'n wonderlike oggend saam met Radio Kansel en die Bam familie. Ek het dit werklik geniet en het my weer laat ondersoek instel na my eie lewe."
  2. Anna Joubert"Wil net baie danki se vir n wonderlike puik ogg. Ek en my dogters het dit baie geniet en het gewens Wanda-hul kon nog langer praat en sing. Seen op jul werk."
  3. Anna Joubert"Wil net baie dankie se vir n wonderlike puik oggend. Ek en my dogters het dit baie geniet en het gewens Wanda-hul kon nog langer praat en sing. Seen op jul werk."
  4. Madi"Baie dankie vir die aanbieding van Wanda en haar dogters. My familie het dit baie baie geniet. Kon nie uitgepraat raak daaroor nie."
  5. Ronelle Redelinghuis"Wanda ek is n Tuisteskepper en dagmoeder vanuit my huis. N moeder, eggenoot, wedergebore kind van die allerhoogste. Ek luister Radio kansel en jy inspireer my en my gesin. "
  6. Melanie Fredericks "Mens vind altyd baat uit ander se lewens ervaringe. Wat vir my uitgestaan het van die oggend is hoe God 'n mens se situasie in 'n oogwink kan verander MAAR slegs as ons Hom toelaat om dit te doen."

  7. Bettie Mfengu "Ek was daar by Vroue oggend toe Wanda Bam met ons gepraat het dit het my baie geraak sy vir ons vra van het ons vir die Here vergifnis gevra. Ek het besef dat ek baie verkeerde dinge met my kinders gedoen het en gedink ek die regte ma vir julle niks het ek gedink ek maak hulle seer nie..."
  8. Rosie Mfengu "Eerstens is ek baie dankbaar vir die Here vir die geleentheid wat ek gekry het om na die Spreker Wanda Bam te luister. Baie van wat sy gese het het sin gemaak. Die feit dat sy gese het dat as die vyand ons as kinders van God wil aankla by God dan praat God met Jesus daaroor dan wys Liewe Jesus net sy merke aan God op Sy liggaam waar jy het klaar die prys prys betaal vir ons sondes..."
  9. Salome Cronje"Dankie Wanda dit was 'n baie geseende oggend gewees. Eerstens die stelling wat jy gemaak het as jy nog nie daaroor gebid het nie moenie daaroor praat nie. Die waarheid dat Jesus ons life het onvoorwaardelik dat Sy liefde nooit verander nie al sondig ons of stel ons God teleur bly Sy liefde onveranderd teenoor ons... "
Loading...
Loading...