Meer oor Wanda de Kock-Bam

Wanda de Kock-Bam

WANDA DE KOCK-BAM is reeds van jongs af betrokke by musiek en wen reeds op 7 jarige ouderdom ‘n landswye talentkompetisie. Sy sing daarna in verskeie provinsiale kore, waaronder Tygerbergse Kinderkoor, Oosrandse Jeugkoor, asook verskeie Revue’s as hoofrol gedurende haar skoolloopbaan. Sy neem deel aan verskeie kompetisies en haal die semi-finale rondtes in Debuut en Crescendo.

Professionele Musiek en Kunste ervaring

Verhoogproduksies/Optredes:

1984 -
Verskeie musiekproduksies in die Staatsteater saam met Jannie du Toit,
1987 Laurika Rauch, Annelie van Rooyen, Christa Steyn ea
1986 Verhoog produksies soos “Gansdans” – Tukkie Musiekblyspel olv. Jannie du Toit.
1988 Plaatopname van die Voortrekkers, “Voorinniekoor”.
1992 Ervaar sy die roeping om voltyds in ‘n sang bediening te gaan.

Verskeie toere:

- Sy toer saam met nasionale kunstenaars soos Manuel Escorcio, Oscar Ehrensperger, Jan de Wet, Piet Smit ea
- Sy toer ook saam met verskeie Internasionale Kunstenaars waaronder Don Francisco en Steve Green
- Sy tree ook internasionaal op in lande waaronder Israel, België, Duitsland, Switserland, Frankryk, Nederland en Namibië

Produksies:

1996
Verskeie optredes by die KKNK Gloriafees en Gospelfeeste by InnieBos
1999
KKNK - “Sluier by die Poort”
2000    
KKNK - “A Closer Walk”
1992
Participated in the KKNAF “A Closer Walk” Production
2007 -
Esther Konferensie aangebied deur Moreletapark Gemeente,
2008     
as aanbiddingsleier saam met Louis Brittz vir Merchant Produksies
2008 -
Die Musiekblyspel “Houtkruis die Musical”, waar sy as Anna, een van die hoofrolle vertolk
2012
saam met James Alexander, Jolette Odendaal, Jannie du Toit ea in die Staatsteater in Pretoria, en daarna op verskeie speelvlakke van die Musical sederdien.
2011 “Carry His Name” Konferensie – Aanbiddingsleier en koördineerder van spanne en produksie

Toekennings:

1996
Algehele ATKV Liertoekenning vir die produksie “Nuutgemaak“, in die kategorie Mees Uitnemende Afrikaanse Geestelike Musiekproduksie deur ‘n Vroulike Kunstenaar
2000    
Afdelingswenner ATKV Liertoekenning in dieselfde kategorie met die produksie “Ek sal wag“
2000
Finalis in die SAMA (South African Music Association.) by Sun City
2000
CBSA toekenning as die Beste Gospel Sangeres aangewys

CD Vrystellings:

1992
Eerste CD opname getiteld, “U laat my leef” vrygestel
1994
Solo CD “Nuutgemaak”
1996   
Solo CD “Ek sal wag”
1996 - 2000 Verskeie kompulasie-produksies waaronder, “Voetspore“, met ook ‘n dvd opname in Israel
1996 - 1998
Kinderproduksie “Bybelstories”
1998 - 2002
Solo CD  “Live Aanbiddingsbelewenis met Morletapark Gemeente”
2006 Solo CD  “Beloofde Land”

Writing Experience

Book Releases:

1991
Skryf “Leer om te loof” – Lesmateriaal vir Kleuters wat in verskeie gemeentes met groot sukses geïmplimenteer is
2004
Skryf die Heelvrou konsep 1&2 - Word landswyd tesame  aangebied
2009 -
Medeskrywer aan verskeie projekte vir
2011     
Carpe Diem met dagstukkie dagboeke
2010
“Luister na my”- twee boeke geskryf met haar twee dogters
2010 “Praat met my”- twee boeke geskryf met haar twee dogters
2011
Skryf en ontwikkel ’n Lof en Aanbiddings Opleidingskursus wat landswyd en op Sinodale vlak aangebied word
2013 Die boek oor die Heelvrou konsep word later die jaar (2013) vrygestel

Ander media ervaring

Televisie en Radio:

-
Aanbieder vir Polsslag (aktualiteitsprogram) op Radio Kansel
-
Ontwikkeling, tegniese regisseur en aanbieder van die Damesjoernaal Program, IN DIE SPIEëL op Radio Kansel  (Lewendige uitsending)
-
Aanbieder, tegniese regisseur vir Spektrum, ’n laatmiddag aktualiteitsprogram (Lewendige uitsending)
-
Aanbieder van die program Kyk Nuut van NG Moreleta op Rhema TV
-
Aanbieder van Afrikaanse Hosanna TV program op SABC2
-
Veldaanbieder op In Pas TV Program op KykNet
- Tans weer betrokke by Radio Kansel as aanbieder van die   joernaalprogram “LEEF” op Maandae oggende tussen 9vm-11vm op Radio Kansel 657AM en 729 Kaapse Kansel asook “LIFESTYLE” van Dinsdae tot Vrydae van 12nm-3nm.

Algemeen

Ter opsomming:

-
Bedieningsbestuurder van die kunstedepartement by NG Moreletapark vanaf  2006 tot 2011, waartydens sy opleiding en geestelike leiding aan aanbiddingsleiers gegee het.  Ook verandwoordelik vir alle bestuursfunksies van die bediening met ongeveer 60 vrywilligers en 8 personeellede
-
Stigter van WAMM-O (Worship & Arts Moreleta Opleiding)
-
Landswye spreker, gaskunstenaar vir gehore vanaf kleuters tot bejaardes
-
Bied dan ook Heelvrou Seminare vir Vroue aan, asook Heelvrou Seminare vir Enkellopendes
-
Lof- en aanbiddings seminare word ook vir gemeentes aangebied
-
Sy tree op as landswye spreker vir damesgehore en by geleentheid saam met haar twee dogters Melissa (musikant en sangeres in die uitvoerende kunstebedryf) en Melinda (Voormalige Mej SA 2011 en medestigter van Womentality) in die “My Storie van Hoop” Projek.

 

Haar totale lewensmotivering is om presies in God se tydsbepaling die maksimum uit elke oomblik vas te gryp en bewustelik en vreesloos te leef uit dankbaarheid vir elke oomblik van LEWE.

Wanda is gelukkig getroud met Mark en het twee dogters, Melissa en Melinda, albei getroud, en is ook ouma van ‘n pragtige klein dogtertjie, Xeresh.  Haar gesin is haar hart se punt!

Ps 45:18 sê: “Mag deur my lied, die roem van U naam oor geslagte strek, sodat nasies U vir altyd sal prys!”

Loading...
Loading...