Pêrels

Pêrels

Hierdie is ‘n selfontdekking van eiewaarde.  Elkeen het ‘n storie.  ‘n Geboorte en ‘n lewenspad wat jou maak wie jy vandag is.  Vroue gaan dood sonder die besef van hulle waarde omdat hulle nooit hulleself kon sien as “’n ver - bo - korale – vrou”, soos die Woord daarna verwys, nie.  Hierdie tema handel oor die samesteling en kompleksiteite van die vrou.

Die vrou deur die bril van die Skepper.  Ontdek wat dit is om deur God se bril na jouself te kyk en nie deur die bril van die verlede nie.  Luister na die stories van vroue wat deur die prosesse van sandkorrel tot pêrel geskuur en gevorm is.  Laat hulle jou inspireer en ontdek jou eie storie.  Onthou dat elke pêrel ‘n unieke storie het.  Nie twee diepsee - pêrels is dieselfde nie.  Hulle vormingsprosesse verskil en hulle skoonheid lyk verskillend.  Ontdek joune en omarm wie jy is.  

Geskik vir dames- en dogters - gehore.

Loading...
Loading...