Ma en Dogter Kamp

Ma en Dogter Kamp

‘n Spanpoging tussen my en die twee meisiekinders (Melissa en Melinda se betrokkenheid onderhewig aan beskikbaarheid) Ons wil graag ’n klein bydra maak in die beter verstaan van menswees en die brugbou tussen ma’s en dogter’s wat mekaar net eenvoudig bly mis, want sien, van misvat, en mispraat en opmaak en opwees teenoor en vir mekaar, kan ons in overdaad getuig!  Juis daarom, leer ons julle nie juis iets nuuts nie, laat ons julle nie ’n nuwe formule ontdek nie, bly die aarde rond en sou ons wou vlieg sonder vlerke, land ons hard oppie grond!

Soms word mense in die flieks 80jr oud om te ontdek hulle het geen verhouding met mekaar gehad nie. Dit mag en dit sal nie!

Mamma’s - Verhoudinge is werk en pret vermeng tot ’n heerlike resultaat van oudag-lekker-lag! Jou nalatenskap is iets waaraan jy ’n leeftyd bou totdat jy jou laaste asem uitblaas!  Dus, is dit te laat?  Is hier reeds te veel skade?  Is die kloof reeds te groot tussen julle?....
NOOIT AS TE NIMMER! Skep moed, spring aan die werk, kom op jou knieë, leer fluit, lag hardop en “chill” ’n bietjie.  Geniet wat die oomblik bied.  Moenie hierheen kom, en dink hemel ons, hulle laat dit klink asof kinders grootmaak speletjies is, nie!  Glo my, dit is allermins die geval.  Dis ’n God - opgelegte, enorme verantwoordelike, emosioneel uitputtende, soms sieldodende maar beslis ...... ’N OPWINDENDE GROEIPAD !

Mag elke gesprek met jou “beautiful” dogter of kleindogter, julle telkens uitbring by die waarheid nl. dat Jesus Christus die groot Geneesheer is van alle seer en die gewer van ‘n opwindende reis!

ONDERWERPE word oor gesels soos –    Buitemuurse aktiwiteite,   Kleredrag, Tatoeëring,  Grimering,  Vriende,  Sakgeld,  Musiek,   Pornografie,  Leuens, Egskeiding, Seksualiteit, Selfbeeld, Konflikhantering, Selfmoord, Dissipline, Vergifnis, Leierskap,    Grense en Respek,  Hertroue, Tegnologie,  Eetdistorsies, Prioriteite, Taalgebruik en elkeen se Unieke styl.

Vanaf 9h00 tot 12h00 op ‘n Saterdagmiddag  (Sluit af met ‘n kuier en kersligaandete opsioneel)

Loading...
Loading...