Wat beteken die kruis vir my?

Ek het die voorreg gehad om saam met multimedia ‘n dvd te maak vir Ds Sarel se Paasboodskap, waarin die vraag aan verskeie mense gevra is. Elke antwoord was verassend anders. Vir sommige van ons is die kruis die simbool van Jesus se sterwe, vir ander val die klem hoofsaaklik op die leë kruis en verteenwoordig die kruis juis eerder ‘n opgestane Jesus, vir sommige is dit ‘n inspirasie vir die ontwerp van ‘n wonderlike stuk juweliersware en vir vele is dit die sentrale simbool waarom die Christelike geloof wentel.Wanneer ek na die kruis kyk, besef ek opnuut dat die balke gekap is uit die hout van God se genade-boom.


Inspirasie vir Paasfees

Paasfees is 'n Lewe-Fees. 'n Lewe na die selfontdekking van menswees, gebroke-wees, eerlik-wees en vrykom van 'n verlede sonder vrede. Mag Jesus ons Verlosser vandag in jou lewe opdaag met Lig, liefde en skoonmaak van als wat jou laat vashaak by die aanklag van die vyand. Jou naam is gedruk in die wonde aan sy hande. Hy het jou naam in Sy handpalms gegraveer en niks kan jou uit SY hand ruk nie.

Kyk van bo af

Jare gelede, het ek as predikantsvrou in Glenharvie, 'n klein dorpie, in die Westransvaal (daardie tyd), gewoon. Sal ek ooit die dag vergeet toe ons so deur die heuwels aangery kom na hierdie vaal dorpie en ek gedink het..."wat het God verkeerd verstaan?" Ek het so mooi gevra dat Hy ons sou beroep na die platteland, maar, waar daar bérge is, nie mynhope nie!

God praat

1 Samuel 3 - Lees die gedeelte en sien hoedat God dinge aan Samuel openbaar wat Hy nie direk aan Eli openbaar maak nie... God praat nooit met ons op 'n dramatiese wyse nie, maar wel op maniere wat maklik misverstaan kan word. God het met Jesaja gepraat onder die druk van omstandighede.

Niks raak ons lewe aan sonder die soewereine hand van God self nie. Sien ons dinge as bloot gebeurtenisse of onderskei ons Sy hand?