Toeligting van Foto

“The Young learnt from the Old”

"Ek het die foto geneem met ‘n naweek wegbreek in Kampsbaai. By die klein teater “Theatre on the Bay” het hierdie standbeeld my aandag getrek. Ek het vinnig die foto geneem en in die motor gespring. Toe ek die foto later bekyk was ek verstom oor die skaduwee wat die dramatiese buiging van die kunstenaar teen die agtergrond kaats.

Dit was duidelik…die ouer kunstenaars se nalatenskap sal altyd agter die nuwe suksesvolle kunstenaars buig. Om te ondersteun, te leer en aan te moedig om nooit op te hou droom oor ‘n toekoms waar die kunste in diens staan van ‘n groter visie as “performance” alleen nie. Die verhoog is ‘n platform deur God gegee om lewens te verander en vreugde te bring. Dit moet met die hoogste respek gebruik word. “Legacy” is hoe jy as kreatiewe mens onthou sal word. Maak derhalwe seker dat dit ‘n nalatenskap is wat waardig is om gevolg te word. - “The Young learnt from the Old”."