Vier fees oor dit wat reg is in die wêreld…

Vier fees oor dit wat reg is in die wêreld… Lees die hele SPREUKE 7: Jy sal dit nie sien, as jy dit nie glo nie! "Seeing is believing" is nie meer waar!

Jy moet die beste verwag al sien jy dit nog nie.Sien raak wat reg is in die wêreld! Nee, ek sal dit eers glo as ek dit sien! Die gedagte wat ek met jou wil deel is om te glo dat as ek byvoorbeeld dit wat my roeping is, nl. om die bruid van Christus voor te berei, waarvan aanbidding lei deel uitmaak, die gemeente nie anders sal kan, as om God se heerlikheid te ervaar nie! Om aanbidding te lei is nie om God se teenwoordigheid te bewerk en as ons nie hoendervleis gehad het, of die mense het nie gehuil nie, of die gemeente het nie soos by 'n rugbywedstryd uit volle bors saamgesing nie, dan was die aanbidding 'n mislukking nie!

Die uitgangspunt is, EK KAN GOD NIE MEER TEENWOORDIG MAAK NIE, EK KAN NIKS DOEN OM HOM LIEWER VIR MY TE MAAK NIE en ook nie IETS DOEN OM HOM MINDER LIEF VIR MY TE MAAK NIE!

Wat ons visueel waarneem beheer dikwels ons persepsie en ons persepsie word ons realiteit!

Ons wil dikwels nie positiewe stories of menings hoor nie. Ons skaar ons by die...

Gomsnuifers, Die wat gomsnuifers oordeel, Die saamstemmers, Die innoverende kreature .....

Ons praat in die minderheid saam met die...
Die wat regstel wat verkeerd is en die daad by die woord voegers!

Ons moet ons visie en fokus stel om te vier dit wat reg is met die wêreld en ophou kla oor wat verkeerd is!
Visie moet 'n Doelgerigtheid en passie in ons lewe vrystel!
Jy moet dit in 5 of 6 woorde kan omskryf sodat elke oggend as jy wakker word, jy dit vir jouself kan sê en kan uitroep Ja,dis hoekom ek doen wat ek doen!

As die visie duidelik is, dan word dit gevolg deur kreatiwiteit en passie!

My visie is: Om God te behaag in alles wat ek doen. Die gevolg is: Ek beleef Sy krag die sterkste deur my vloei as dit waarmee ek besig is, deel is van hierdie visie! Bv. Om Lof en aanbidding te lei, tot God se eer alleen, - put my nie uit nie, dit herlaai my!
Spr 3:7 - Wanneer ek God in alles voor oë hou, vermeerder Hy my lewenskrag!

Die mens is 'n integrale deel van die skoonheid van die planeet. Die kroon van die skepping. Ons waarde staan nie los daarvan nie. Daarom word daar verwys in die 1ste skeppingsverhaal na die mens as heerser en die 2de as die een wat dit moet bewerk! Nie losstaande nie.

Ek sien dit dikwels waar ek beweeg en bedien in hoe mense reageer, speel, werk, kyk en in hulle liggaamstaal, hoe hulle 'n saal versier en wat in versiering van 'n kerkgebou, selfs in die omgewing waar hulle woon. Ek kan die lig sien wat nie net op ons skyn nie, maar ook uit ons uitskyn maar ook die delikaatheid van die lig in mense wanneer hulle deur verskillende ervarings gaan of emosies beleef!

Intellektuele paradigma staan soms in die pad van die mooi wat ons nie sien nie.My wen is jou verlies. Eet of word geëet! , 2de plek is die eerste verloorder! Ons leef in 'n Wêreld gebasseer op vrees, skaarsheid, kompetisie.Die natuur stel nie voorwaardes om sy skoonheid te deel met die beste fotograaf nie, dis vry vir almal! Persepsies beheer ons realiteit Soek ook in die oënskynlike telleurstellings die mooi wat dit het om te offer.

Leer om nie alleen te Fokus op die onwaarskynlike of onbekombare nie maar ook op die moontlike en beskikbare! Ongeag hoe bleek en onaantreklik die moontlikheid lyk, ek kan altyd kies om dieper te gaan,hoër te klim laer af te sak om dit raak te sien wat dit bied - wat as alles gerealliseer het soos ek dit wou hê, ek waarskynlik sou gesien het wat ek verwag het, en nie dit wat ek nooit kon dink bestaan nie!

'n Perspektief wat die gewone transformeer in die buitengewone! Hoe wyd denkend en oop vir moontlikhede laat jou visie jou toe om te wees? Ons weet nie altyd wat volgende en volgende gaan gebeur nie maar as ons oop is daarvoor gaan ons verras word! Ons spring soveel keer in die lewe weg, kermend oor dit wat verkeerd is en begin dadelik om dit te FiX, ipv om die nuwe moontlikhede raak te sien.

Die regte visie: Maak ons oop vir nuwe moontlikhede, Gee ons energie en laat ons verandering makliker hanteer.

Ons vrees verandering ipv om dit te sien as 'n nuwe kurwe van moontlikhede, sien ons dit as 'n kurwe van verandering!

Gesegde wat sê: "Jy sal nooit nuwe horisonne ontdek of plekke beleef as jy op die strand sit en slegs droom daarvan nie!"
Ons kan leer om die kurwe van nuwe moontlikhede te ry ipv om dit te vermy en op die strand te bly sit!

Ons moet bereid wees om onsself te dryf tot op die "edge" Gemaksones het niemand nog ooit laat uitstyg of sy of haar kragte laat ontdek nie! Sukses en significance gaan hand aan hand.

Die beste in die wereld teenoor die beste vir die wêreld -
Jy en ek maak 'n waardevolle bydrae wanneer ons nie net ons deel doen nie, nie NET ons behoeftes meet nie, en nie NET uit die moeilikheid bly nie!

Kan ek my eie waardes en visie so vertrou dat ek bereid is om myself verder te strek en steeds balans behou?

Kan ek my visie dryf sonder om fokus te verloor op dit wat vir my kosbaar en belangrik is in my lewe?
My visie

1) Waarheen is ek oppad? Op 22:14
2) Hoe sou ek graag wou hê moet my nalatenskap lyk? (Legacy) Jes 1:19 / 1 Kon 2:3
3) Hoe sou ek die wêreld wou impakteer? ('n Verskil maak) Jak 1:25

Kan ons dit waarvoor God ons roep te midde van kritiek, wat dikwels slegs op persepsies gebaseer is, steeds ons Fokus behou op Hom wat ons geroep het tot intimiteit en integriteits - excellence tot Sy eer ALLEEN! Lees Daniel 1:20