God praat

1 Samuel 3 - Lees die gedeelte en sien hoedat God dinge aan Samuel openbaar wat Hy nie direk aan Eli openbaar maak nie... God praat nooit met ons op 'n dramatiese wyse nie, maar wel op maniere wat maklik misverstaan kan word. God het met Jesaja gepraat onder die druk van omstandighede.

Niks raak ons lewe aan sonder die soewereine hand van God self nie. Sien ons dinge as bloot gebeurtenisse of onderskei ons Sy hand?

Kom in 'n gewoonte wat sê "praat Here", dan word jou lewe een van romanse en 'n intieme verhouding met Hom wat praat, wanneer jy oorgee en meningloos doen wat Hy vra...

Wanneer omstandighede jou wil beklem, sê "praat Here" en maak dan tyd om te luister. Swaarkry is meer as net 'n middel tot dissipline, dit is bedoel om my by die punt te bring waar ek sê: "Praat Here, ek luister".
Is jou ore sensitief om God se stem te hoor?

Ons is ongehoorsaam en word amateur voorsieners deur te dink ons moet ons Eli beskerm. Eli verteenwoordig die beste en naaste mense wat ons ken. God het nie vir Samuel gesê dat hy vir Eli moet vertel nie, hy moes dit self besluit. God se boodskap aan jou mag dalk jou Eli seermaak, maar jou poging om die ander persoon pyn en lyding te spaar sal dalk 'n skeiding tussen jou en jou siel veroorsaak. Dis op jou eie risiko dat jy ander probeer beskerm teen pyn.

Moenie by ander gaan raad vra nie, God wil hê jy moet self besluit. Indien jy alewig raad vra by mense, skaar jy jou by ongeloof uit Satan gebore en nie by vertroue op God nie.