Om soos Jesus te wees

Matt 9:9 "Terwyl Jesus daarvandaan verder gaan, het Hy 'n man met die naam Matteus by die tolhuis sien sit en vir hom gesê: "Volg My!" Hy het toe opgestaan en Hom gevolg." Mense wat glad nie soos Jesus was nie, is juis dié vir wie Jesus liefgehad het.

Jesus het gekom om te verduidelik wie God werklik is, om met God in verhouding te staan is soos 'n Pa met sy kind  - die klem val baie sterk op verhouding.

Hy is die wynstok en ons is die lote, Hy is die herder en ons die skape. Alles spreek van 'n verhouding. Hierdie is ook alles in 'n omgee verhouding.

In die vroeë kerk was die mens net sondig en God was ontoeganglik. Vandag het ons vrye toegang tot God.

Jesus se eerste uitnodiging aan die mens is in Matt 9:9 en dis eenvoudig!

Hierdie is hoe Matteus Jesus ontmoet - hy was totaal van God afgesny.

Om te "connect" is nie om 'n sisteem wat 'n kerk vestig te onderhou of na te volg nie.

Matteus was 'n belastinggaarder  - jy kon die reg koop in Rome deur belasting in te samel. Die Jode was gehuur om die werk te doen. As belanstinggaarder is jy verwerp deur die samelewing - hulle was gesien as die skuim van die samelewing.

Matteus was 'n Joodse uitgeworpene want hy het homself skuldig gemaak aan verraad teenoor die Jode, en tog sê Jesus vir hom -volg my.

Petrus sê:  'Waaaat?' Here besef U wie ons is? Ons is getroue en wetsgehoorsame vissers, ons leef soos die kerk van ons verwag!

Matteus sal jy My net volg? Ongeag? Jesus kon Matteus herinner aan al die goed wat hy verkeerd gedoen, maar Hy het nie. Hy het die hart van God vir Matteus verduidelik.

Ongeag wat jy gedoen het, daar is elke dag 'n uitnoding van 'n Redder om Hom te volg, al is daar mense wat jou oordeel vir wat agter jou lê en alles wat jy verkeerd gedoen het.

Die dissipels is tien teen een gereed om vir Jesus al die wette uit te spel, Hom in te lig oor hoe die geloof werk.

Matteus hou 'n partytjie, Jesus gaan. Hoekom gaan ons nie na jou huis nie? Die dissipels objekteer want hy gaan hulle reinheid aantas. Dis tog ongehoord vir 'n Jood om na 'n belastinggaarder se huis te gaan.

Jesus kies juis Matteus se huis omdat hy besef het wat die oordeel sou wees van die die dissipels, en hulle moes leer.

Jesus het die unloveable lief.

Met die partytjie daag baie ander tollenaars (Belastinggaarders) ook op en eet saam. Hierdie is doelgerigte sondaars. Hulle het geweet hulle leef 'n onrein lewe. Jesus was nie ongemaklik nie, want Hy hou van mense wat nie soos Hy is nie en mense wat glad nie soos Jesus is nie, hou van Jesus.

Die Farisieërs? Hulle was net bewus van die regte uitvoering van die reëls. As Jesus van God kom, behoort Hy van ons te hou!  Jesus hou nie van hulle leefwyse en denkwyse nie, al glo hulle dat hulle kwalifiseer.  

Dis nie dié wat in hulle regverdigheid glo hulle is sonder sonde wat Jesus beskou as gesond nie. Hy het nie gekom vir die wat gesond is nie, Hy het gekom vir dié wat siek is. Dié wat weet dat hulle nie okei is nie, wat weet dat hulle sondaars is en weet dat hulle Hom nodig het.