Inspirasie vir Paasfees

Paasfees is 'n Lewe-Fees. 'n Lewe na die selfontdekking van menswees, gebroke-wees, eerlik-wees en vrykom van 'n verlede sonder vrede. Mag Jesus ons Verlosser vandag in jou lewe opdaag met Lig, liefde en skoonmaak van als wat jou laat vashaak by die aanklag van die vyand. Jou naam is gedruk in die wonde aan sy hande. Hy het jou naam in Sy handpalms gegraveer en niks kan jou uit SY hand ruk nie.

As Jesus vandag sou kom

As Jesus vandag na die aarde sou terugkeer, sou ek waarskynlik besig wees om te jaag soos elke dag.  Daar sal agterstallige e-posse op my rekenaar wees, wat al dae lê en wag, waaroor ek grensloos skuldig voel.  Ek sal waarskynlik aangekla voel dat ek nog nie my skoonma of my eie liewe moedertjie vandag ‘n lui gegee het nie.  Ek sal waarskynlik besig wees om te bestuur en tegelykertyd na my “to-do list” op my selfoon kyk by elke frustrerende, rooi verkeerslig, en besef dat ek nie die teiken gaan maak vir die dag nie. 

Ek sal moontlik ongeduldig agter die taxi in die regterbaan ry en besig wees om vir die Vader te vra, om tog aan hierdie krakie in my karakter te werk, terwyl dit net my keuse is wat meer geduld op die pad kan bewerk!  Ek sal alweer nie die mooi veld om my sien en die kleurryke blomme of die vlamrooi sonsondergang nie, want ek is oppad na een of ander vergadering oor “Hoe ons Jesus vir die wêreld gaan wees…”  

My Stokperdjie- My refleksie

Ek het twee dogters wat met verf, musiek en dansskoene uit die baarmoeder die wêreld van kleur en potensiaal betree het.  Wie se talente is dit? Nugter weet, dalk het ek so klein aandeeltjie in die musieklikheid. Maar dans? Verf en skets, mmm? Nee, ek was nie daar met dié uitdeelslag!  Maar ek het myself al ‘n duisend maal die mooiste helderkleurige moderne landskappe sien verf en net die dagdroom daaraan laat my voete vuiste in my skoene maak van lekkerte!

Change and me?

Where do I fit into a world where rapid changes precede my wildest thoughts? In the 20th century a vision for the future could easily be established and confirmed.  To gradually and systematically follow this vision spread over 30 years, was not strange at all. Today however, it does not fit the modern society profile.  Our world became a intensely dynamic environment. Years ago, Stability was mainly based on the individual’s job, environment and financial position.

Loading...
Loading...